Om kruie in potte te kweek en binne bereik van die kombuis te hou - maak goeie sin. So het die plaaslike tuinontwerper, Ina Scholtz tydens ‘n stemmige byeenkoms van die BPW Outeniqua Klub gedemonstreer.
Haar lesing was propvol wenke oor die moets en moenies van kruie.
Ina, wat spesialiseer in die opknapping van tuine en die uitleg daarvan, het al ‘n hele paar opwindende projekte agter die blad. Soos die uitleg van ‘n kruietuin by Beckhuis op die wynplaas van Nina en Des Cloete naby Worcester. Die tuin is volgens die ou historiese riglyne uitgelê as deel van die restourasie-projek van dié Kaapse-Hollandse plaashuis. "Dit was ‘n opwindende projek en het heelwat navorsing gekos. Ons het gebruik gemaak van tradisionele materiale soos perskepitte om die paadjies mee uit te lê. Die tuintjie word daagliks gebruik deur die Pear Tree Restourant personeel, en ook deur hulle in stand gehou" het Ina vertel tydens ‘n skyfievertoning.
Gasvrou en voorsitter Cecelia Zietsman het heerlikste versnapperinge voorgesit, als met vars kruiebestanddele, net om te toon hoeveel aantrekliker en smaakliker geregte kan wees.
Ina se finale advies aan voornemende kruiekwekers - wees omgewingsvriendelik en maak van organiese of natuurlike middels gebruik om plae te beheer. Ina se kruiepraatjies word uitgesaai op Eden FM Radiostasies op Maandae tussen 12:00 en 13:00.
BACK
|

Ina Scholtz en Melissa Badenhorst at the very informative meeting about how to grow your own Herb Garden and how to use herbs in your food.
|